Reflections on the conflict of interests of children and parents
Abstract
Een van die mees ingewikkelde probleme wat deur die beste belang van die kind aan die
orde gestel word is in die interaksie tussen die regte van kinders en hulle ouers geleë. Die
Grondwet bevat geen aanduiding hoe die ouer-kind verhouding gereguleer moet word nie.
Daarmee saam word die situasie bemoeilik deur uitsprake van die Konstitusionele Hof dat
die beste belang van die kind ’n fundamentele reg is (en nie bloot ’n riglyn of beginsel
nie) sonder om enige verpligtinge inherent aan die reg aan te dui of reëls met betrekking
tot die uitoefening daarvan voor te skryf. Die benadering van die hof vereis dat die reg
van ’n kind dat sy/haar beste belang as van deurslaggewende belang geag word met die
regte van sy/haar ouers uit hoofde van artikel 8(2) van die Grondwet gebalanseer word.
Daar is egter slegs enkele voorbeelde in die Suid-Afrikaanse reg waar die howe inderdaad
hierdie benadering gevolg het. Engelse en Suid-Afrikaanse regspraak word geanaliseer en
daar word aangetoon dat in sommige gevalle die beste belang van die kind nie eens in
aanmerking geneem word nie ten spyte daarvan dat dit ’n deurslaggewende oorweging is.
Daar word tot die gevolgtrekking geraak dat qua fundamentele reg die beste belang van
die kind van sui generis aard is aangesien die ouer-kind verhouding ’n consortium omnis
minoritatis vergestalt.
“Probably the most complex issue raised by the best interests principle is the
interaction between the rights of children, their parents and other family members.
Other than the best interests standard, the Constitution contains no indication of
how this relationship is to be regulated."
Collections
- Faculty of Law [387]