Contree: 1979 No 6http://hdl.handle.net/10394/51142024-03-29T11:44:31Z2024-03-29T11:44:31ZStreekgeskiedenis van die historikus.Oberholster, A Ghttp://hdl.handle.net/10394/51462016-04-28T20:55:59Z1979-01-01T00:00:00ZStreekgeskiedenis van die historikus.
Oberholster, A G
• Opsomming:
Hoewel plaaslike en streekgeskiedenis die onderbou van ʼn integrale
nasionale geskiedenis is, het dit as sodanig nog nie tot sy reg
gekom in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing nie. Omdat hierdie
leemte aangevoel is, is die Afdeling Streekgeskiedenis gestig om aandag
daaraan te gee. Dringende vrae wat die aandag opgeëis het, het
onder meer gehandel oor die wese, die terrein en die metodiek van
streekhistoriese navorsing. In aansluiting hierby het die Afdeling
Streekgeskiedenis daartoe oorgegaan om die RSA in streke te verdeel
aan die hand van administratiewe, historiese en sosio-ekonomiese
oorweginge wat as basis sou dien vir die Afdeling se navorsingsprogram.
Twee projekte is reeds in hierdie program wat ʼn historiese
voorstudie en bronneverkenning van al die streke van die RSA in die
vooruitsig stel, geïnisieer, naamlik die studies oor die Oos-Vrystaatse
Grensgordel en die Oos-Transvaalse Hoëveld. Met die doel om
streekhistoriese navorsing te koördineer, belangstelling te kweek en
tussentydse navorsingsresultate te publiseer, is die tydskrif Contree
opgerig.; • Summary:
Although local and regional history forms the basis for a
composite national history, it did not come into its own in South
African historiography until the Section for Regional History gave
its attention to it. Some of the pressing issues that needed examination
related to the substance, the field and the method of regional
historical research. With these in mind the Section for Regional
History divided the RSA into administrative, historical and socioeconomic
Regions, on which the Section's research programme was
to be based. In this programme, whose object is to make a preliminary historical study and to explore the regional sources of all the
regions of the RSA, two projects are under way, i.e. the Eastern Free
State Border Area and the Eastern Transvaal Highveld. In order to
coordinate regional historical research, to promote interest in it and
to create publication facilities for interim research results, the journal
Contree was established.
1979-01-01T00:00:00ZWhen the railway came to Grahamstown.Hunt, K Shttp://hdl.handle.net/10394/51452016-04-28T20:55:57Z1979-01-01T00:00:00ZWhen the railway came to Grahamstown.
Hunt, K S
• Opsomming:
Die oopstelling van die spoorlyn tussen Alicedale en Grahamstad
op 3 September 1879 was 'n gebeurtenis van besondere belang
vir Grahamstad. Die gedagte om Grahamstad per spoor met
die hawe in Port Elizabeth te verbind, het drie-en-twintig jaar vroeër
by die sakemanne van Grahamstad ontstaan. Toe die spoorlyn uiteindelik
gebou is, was die inwoners van Grahamstad eintlik meer ten
gunste van ʼn spoorverbinding met die hawe van Port Alfred. Dit is
egter eers vyf jaar later gebou. Toe die eerste sooi gespit is vir die
bou van die spoorwegstasie en ook toe die eerste passasierstrein in
Grahamstad aangekom het, is groot feesvierings en feestelikhede
gereël.; • Summary:
The opening of the railway-line between Alicedale and Grahamstown
on 3 September 1879 was a red-letter day for Grahamstown.
The idea of linking Grahamstown by rail to the harbour of Port
Elizabeth was initiated twenty-three years earlier by Grahamstown
businessmen. By the time the railway came, Grahamstownians were
more in favour of a railway-line to the harbour of Port Alfred. This,
however, came only five years later. The turning of the first sod to
build the railway station and the arrival of the first passenger-train
at Grahamstown gave its inhabitants reason for big celebrations and
festivities.
1979-01-01T00:00:00ZThe Natal interior.Christopher, A Jhttp://hdl.handle.net/10394/51442016-04-28T20:56:01Z1979-01-01T00:00:00ZThe Natal interior.
Christopher, A J
• Opsomming:
Die Natalse Binneland, tradisioneel 'n landelike streek, het
volgehoue groei, ook op stedelike gebied, ondervind. Dit het meegebring
dat die Natalse landskap van die verlede vinniger verander het
as in die meeste ander dele van Suid-Afrika. Ten spyte van hierdie
veranderinge bied die streek steeds 'n interessante en soms indrukwekkende
natuurlandskap aan die belangstellende. Die eerste Blanke
inwoners van die Natalse Binneland het uit die Kaapkolonie
gekom en met hulle 'n eie kulturele karakter en tradisie van veeboerdery saamgebring. Die oorwegende karakter van die bevolking
het egter Brits geword soos weerspieël deur die argitektuur wat
hoofsaaklik die algemene strominge in Engeland nagevolg het.
Dorpe is aanvanklik aangelê om in die administratiewe en
ekonomiese behoeftes van die landelike gemeenskap te voorsien,
maar die ontginning van steenkool in hierdie streek het die patroon
verander deurdat verskeie selfstandige steenkoolgemeenskappe ontstaan
het.; • Summary:
The Natal Interior, a pastoral region since the nineteenth
century, has throughout its history experienced rural and urban
growth. The landscape of the past is thus being more rapidly changed
in Natal than in most parts of South Africa. However, the
region still provides a most interesting, and often surprising, landscape.
It was the Cape Colonists who initiated the rural settlement
with their stock-farming and cultural ideas, but the overall
character of the settlement eventually became British, and building
styles as a rule followed the general trends in England. In time the
pattern of the towns established to administer and act as commercial
centres for the surrounding rural areas was changed when the Natal
coalfields began to emerge. These caused the development of many
self-contained, coalmining communities.
1979-01-01T00:00:00ZVanwyksvlei: 'n streekhistoriese skets.Van der Merwe, J.C.S.http://hdl.handle.net/10394/51432020-11-25T13:46:57Z1979-01-01T00:00:00ZVanwyksvlei: 'n streekhistoriese skets.
Van der Merwe, J.C.S.
• Opsomming:
Vanweë sy ligging in die distrik Carnarvon, een van die
droogste dele van die sentrale Karoo, speel water van oudsher 'n belangrike
rol in die ontstaan en ontwikkeling van Vanwyksvlei. In die
naamgewing van hul plase het die eerste trek- en veeboere, wat hulle
gedurende die helfte van die vorige eeu in die dorre landstreek gevestig
het, reeds blyke gegee van die lewensnoodsaaklikheid van water
en die voorsiening daarvan aan mens en dier. Die dorpie het sy
ontstaan inderdaad direk te danke aan die oprigting van 'n besproeiingsdam
waarmee in 1882 'n begin gemaak is. Na voltooiing van die
dam (1884) is die eerste besproeiingsgrond onderkant die wal aan
boere beskikbaar gestel; 'n stelsel van kanale is ook aangelê. Namate
Vanwyksvlei ontwikkel het, is onderwysgeriewe vir die dorp en
omgewing geskep, pos- en telegrafiese dienste is ingestel en amptenare is aangestel om wet en orde te handhaaf. Boerdery is aanvanklik
gestrem deur periodieke droogtes en veesiektes, terwyl die
verskaffing van water vir huishoudelike gebruik aan die dorpenaars
eweneens probleme geskep bet. Maatreëls om hierdie vraagstukke
die hoof te bied, is egter mettertyd toegepas en suksesvol deurgevoer.
Die bestuur van die dorp is agtereenvolgens aan die Departement
van Besproeiing, die Departement van Lande en 'n Nedersettingsraad
opgedra. In 1972 is 'n selfstandige dorpsbestuur in die lewe geroep
en drie jaar later het Vanwyksvlei munisipale status verkry.; • Summary:
Ever since the days of the pioneers water has played an important
part in the founding and development of Vanwyksvlei,
situated as it is in the Carnarvon district, one of the most arid parts
of the central Karroo. The water scarcity is reflected in the names
given to farms by White stockfarmers and Trekboers who, during
the mid-nineteenth century, settled themselves in this barren region.
A case in point is the township of Vanwyksvlei, which indeed came
into being as a direct result of the construction of an irrigation
scheme (dam) started in 1882. When it was completed in 1884, the
first land below its wall was granted to farmers for irrigation purposes;
water canals were also dug. As the township developed,
facilities and services such as education, communication and the enforcement
of law and order followed. At first farming was hampered by periodical drought and cattle diseases, and the supply of water to
the villagers for household use also caused problems. However, the
steps which were taken to solve these matters, later proved successful.
The management of Vanwyksvlei was consecutively entrusted
to the Department of Irrigation, the Department of Lands, and
a Settlement Board. A village management board was instituted in
1972 and three years later the town was granted municipal status.
1979-01-01T00:00:00Z